Local newsNewsNews

Ses aangekeer vir poging tot motorkaping in Vaalpark

Goeie spanwerk lei tot arrestasie van ses verdagtes.

VAALPARK. – Vaalparkers het weer saamgespan op Donderdag, 7 Julie om misdaad in die kiem te smoor.

Arrie Coetzee het ‘n oproep van die Belrex Kontrolekamer gekry dat ‘n verdagte motor deur die kamertoring in Minnaarstraat opgevang is.

Oomblikke later het ‘n polisie taakspanlid hom gekontak en gevra vir bystand na ‘n poging tot ‘n kaping op die R57.

Die verdagtes het blykbaar in die rigting van die oop veld net buite Sasolburg gevlug.

Arrie en Ruan Coetzee het dadelik gereageer en die Public Eye drone die lug ingestuur om die gebied te verken.

Rondom 16:00 is vier verdagtes opgespoor en teruggeneem na die oorspronklike misdaadtoneel.

Een van die verdagtes het die verdagte voertuig van vroeër betrek by die poging tot kaping.

Daar is weer met Belrex kontak gemaak wat bevestig het dat die voertuig, ‘n Mercedes, steeds in Vaalpark was.

Public Eye se span, Vaalpark verskeersafdeling en polisielede het toe begin met ‘n uitgebreide soektog na die verdagte voertuig.

Intussen het van die motorwagte by die Tharina-sentrum laat weet die voertuig is in die parkeer area.

Twee van Public Eye Response se patroleerders het die voertuig in die parkeerarea geblok en nog twee verdagtes is aangekeer.

In totaal is ses verdagtes gearresteer. Al die verdagtes en die voertuig is ook gesoek vir ‘n poging tot motorkaping die vorige dag by ‘n Truck Stop langs die N1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button