Local newsNewsNews
Skuiling vir armes brand in Leehof af
Die voormalige Vereeniging 21-hospitaal in Leeuhof wat tans as 'n skuiling vir armes gebruik word het Maandagoggend (11 Julie 2022) afgebrand.
VEREENIGING. – Vaalweekblad verstaan die inwoners moes vroeg vanoggend ontruim toe die brand daar ontstaan het.
Inwoners het inderhaas van hul besittings probeer red.
‘n Groot skare het buite die gebou saamgedrom.
‘n Paar brandbestryders was op die toneel voor die waterwa daar aangekom het.
Toe die water uiteindelik aankom kon die brandbestryders begin om die brand te blus.
Volledige storie in Vaalweekblad se gedrukte koerant.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
