Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

'n Voorsmakie van 'n voorsmakie van wat jul die week in die Vaalweekblad kan lees. Onthou die koerant is van Woensdag, 13 Julie by vulstasies en groot winkels te koop.

Dit was weer ‘n bedrywige week. Bygesê ons mis die skolenuus,  maar gun die leerders, hoofde en onderwysers hul welverdiende blaaskans.

Die week kuier ons by die Tannie van die Spur, Rita Benecke en vind uit hoe ‘n Kapenaar in die Vaaldriehoek kom bly het.

Ons leer ook die SA 100 m hekkieskampioen, Marione Fourie van naderby ken en wens haar sterkte toe met die Wêreldkampioenskappe in die VSA en die Statebondspele in Engeland – alles in een maand!

Die goeie nuus is dat Handré Read by die huis is en ek het spesiaal vir hom gaan kuier!

Dan is daar ook die storie van hoe ‘n plaaslike toutrokbestuurder net betyds twee bejaardes uit hul brandende huis gered het.

In my rubriek, Ek sê maar net..., wonder ek oor admin werk en beurtkragskedules. Beide dinge wat my ore aansit.

Ek het ook stories gesien van slange wat gevang word en kompetisies en lekker eet restaurante en lesersbriewe, maar dis nie myse stories nie so ek sal maar nie uitbrei nie.

Tot volgende week. Bly warm en mag die onderwysers hul laaste week van skoolvakansie geniet.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button