Local newsNewsNews
Skenk bloed by Arconpark-sentrum en drink en fliek verniet
VEREENIGING. - Hier is nou 'n gulde geleentheid om bloed te skenk en ook 'n lekker bederf daarvoor terug te kry.

Daar word op Donderdag, 14 Julie vanaf 11:00 tot 16:00 ‘n spesiale bloedskenk-projek by die Arconpark-winkelsentrum gehou.
As jy op dié dag kies om ‘n held te wees en bloed skenk, kry jy nie net ‘n gratis Wimpy koffie nie (net geldig by Wimpy Arconpark by die sentrum), maar ook dubbel Ster Kinekor fliekkaartjies.

Maar die groter prentjie is beslis dat jy ‘n held sal wees. Deur bloed te skenk red jy lewens. Dit is skokkend om te vind dat minder as 1% van alle Suid-Afrikaners aktiewe bloedskenkers is.
Een bloed-eenheid hou slegs 42 dae na skenking, daarom is dit belangrik vir skenkers om op ‘n gereelde basis bloed te skenk. Skenkers kan so gereeld as elke agt weke bloed skenk.
Elke eenheid bloed kan tot drie lewens red omdat dit verdeel word in rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies..
SANBS probeer sowat 3 000 bloedeenhede per dag te versamel om sodoende te sorg dat daar genoegsame hoeveelhede bloedeenhede in die mediese stelsel beskikbaar is.
Daar word tans ‘n spesiale versoek gerig op die AB-bloedgroepe om bloed te skenk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
