Vereeniging/Vanderbijl DBV weer tot die redding
Die plaaslike Diere Beskermings Vereniging-takke in Vereeniging en Vanderbijlpark verrig noodsaaklike en onbaatsugtige werk wat nie altyd genoegsame erkenning kry nie.
Hier is ‘n paar van die situasies waartydens hul tot die redding van diere in nood gekom het.
Verlede week is hulle deur inwoners van Sebokeng gekontak oor “creatures” in hul dak. Die DBV-personeel het dadelik ondersoek gaan instel en twee pragtige uile (Barn Owls) gered. Die uile is daarna vir ondersoek na ‘n plaaslike diere-hospitaal geneem voordat hulle na ‘n wild-rehabilitasie sentrum geneem is.


Die DBV-beamptes het selfs tot die redding van ‘n klein veldmuis gekom – alle dierelewens maak saak! Indien jy enige dier in nood sien, kontak dadelik die plaaslike DBV by 016 422 1505.

Die reddingsprojek wat egter die meeste aandag getrek het, was die arme kat wat in ‘n groot riool opgaartenk (bekend as ‘n wet well) in Sharpeville vasgekeer was. Die personeel vermoed die kat het ingeval toe sy probeer water drink het en kon daarna nie uitkom nie. Die DBV-span het ingetree en haar uit die haglike situasie gered, waarna sy weer met haar eienaar herenig is.

Jy kan die plaaslike DBV ondersteun deur enige skenking groot of klein, kos, skoonmaakmiddels ens. by hul kantore af te laai (dit sal hul help want hulle het die die petrolgeld om skenkings te gaan oplaai nie). Jy kan ook hul projekte en golfdae ondersteun. Alle bydraes word opreg waardeer!
Indien daar betalings aan hul veeartsrekening gemaak kan word, sal dit baie help.
Gebruik asb hul klientenommer 668 as verwysing.
Account Name: Three Rivers Animal Clinic
Bank: Nedbank
Account Type: Cheque Account
Account Number: 1729321224
Branch: Vereeniging
Branch Code: 172937
Reference: 668

