Local newsNewsNewsSportSport

Twee Rissies in SA Bokkie-spanne opgeneem

Twee hokkiespelers van die Laerskool Risiville is op grond van hul vertoning by vanjaar se Bokkieweek tot Suid-Afrikaanse Bokkie-spanne verkies.

VEREENIGING. – Joshua Ferreira en Lynné Heymans het vroeër vandeesmaand aan die Bokkieweek-toernooi deelgeneem wat tussen 4 en 7 Julie in Kroonstad plaasgevind het.

Joshua is verkies tot die o.15 seuns Presidente-span en Lynné tot die o.14 dogters Duiker-span.

Die spelers word Vrydag, 15 Julie tydens ‘n spoggerige gala-aand by Ingwe Lodge vereer.

Op 16 Julie het hulle aan die SA-toernooi by die Hoërskool Dr. Malan deelgeneem.

Joshua Ferreira.
Lynné Heymans.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button