LifestyleLocal newsNews

Vele vrae hang nog na botsing Volker se lewe eis

"Hy was ‘n man met ‘n oop hart wat die klere van sy lyf af sou gee om ander te help."

 

MEYERTON. – 8 Julie was vanjaar ‘n bittersoet dag vir mev. Nikki Baumgartner. Dit sou haar en haar man, Volker, se 14de huweliksherdenking wees, maar vanjaar het die dag ongevierd verbygegaan.

Volker was die aand van 25 Junie omstreeks 21:30 op pad na hul huis in Nelsonia toe hy in ‘n motorfietbotsing op die R82-roete in Walkerville gesterf het.

Daar is nog baie vrae oor die botsing omdat niemand presies weet wat gebeur het nie, sê Nikki. Volker was blykbaar in die aankomende verkeer se baan toe hy en sy motorfiets reg van voor deur ‘n BWM getref is. Niemand weet of hy hom in die donker met die bane misgis het, en of hy dalk moes uitswaai vir ‘n slaggat of iets anders en in die verkeerde baan beland het nie.

Volker het in Meyerton en De Deur grootgeword en aan Genl. Smuts High School skoolgegaan. Hy was ten tyde van sy dood ‘n werknemer van Rawmat Processing Solutions. In sy vrye tyd was hy ‘n groot motorfietsgeesdriftige en president van die Road Rockers Motorfietsklub. Vir ontspanning het hy graag aan motorfietsenjins gewerk of gehengel.

“Hy was altyd vol streke en vol smiles en het mense graag poetse gebak. Hy was ‘n man met ‘n oop hart wat die klere van sy lyf af sou gee om ander te help. Niemand het hom ooit regtig kwaad gesien nie. Hy was n fantastiese pa en het altyd seker gemaak ons was versorg, selfs in die moeilikste tye. Sy familie was altyd nommer-een in sy lewe,” sê Nikki.

Volker word buiten sy vrou oorleef deur hul seun van 13 en Nikki se dogter uit ‘n vorige verhouding, wat hy soos sy eie kind aangeneem en liefgehad het. Sy familie is hoofsaaklik in Duitsland maar sy pa, Dietmar, woon nog in De Deur. Volker het ook ‘n suster, Heike, in Nieu-Seeland.

Sy roudiens, wat deur Pastoor Sewes Sevenster van Vereeniging gelei is, is Saterdag, 9 Julie, by Timi’s Pub & Grill (die ou Kraal) in Riversdal, Meyerton, gehou. ‘n Groot getal bikers het hul laaste eer met ‘n saluut aan hul geliefde vriend kom betoon.

Wyle mnr. Volker Baumgartner.

Onder – So is familie en vriende uitgenooi na die groetdiens wat verlede naweek gehou is. Rus in Vrede, Volker :-(

 

Wyle mnr. Volker Baumgartner.

**********************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button