Local newsNewsNewsSportSport

In die kol – Veerpyltjies kraai koning

Veerpyltjies is een van Suid-Afrika se groeiende sportsoorte waaraan almal kan deelneem.

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Veerpyltjie Kampioenskap is van 4 tot 8 Julie by die Ellis Park Arena in Johannesburg gehou.

Spanne het van dwarsoor Suid-Afrika byeengekom om hul vaardighede teen mekaar te toets.

Die Vaaldriehoek is deur twee klubspanne verteenwoordig wat elk agt spelers gehad het.

Die Emfuleni Veerbyltjie Klub het vierde geëindig in hul groep van 11. Voor: Lloyd Engelbrecht, Sakkie Breed, Steven Els en Jaco Bekker. Agter: Stefan Niemand, Thys van den Berg, Dahn Stevens. Afwesig: Johannes van der Walt Foto: verskaf

Die Emfuleni Veerpyltjie Klub van Vanderbijlpark het in groep drie deelgeneem waar 11 spanne gekompeteer het. Hulle het vierde geëindig in ‘n baie strawwe kompetisie.

Spelers wat uitgestaan het vir Emfuleni was Lloyd Engelbrecht (5de SA deelname) wat vier 180’s gegooi het en Stefan Niemand (1ste SA deelname) wat drie 180’s gegooi het.

Hy het ook sy kenteken ontvang het vir sy eerste 180 in SA veerpyltjies.

Stefan was een van vyf spelers in die toernooi wat die top getal van 170 kon raak gooi om ‘n spel te wen en het ‘n Darts South Africa (DSA) trofee daarvoor ontvang.

Thys van den Berg het twee 180’s gegooi. Hy en Steven Els, Dahn Stevens, Sakkie Breedt, Thys van der Berg en Johannes van der Walt is al ou hande by hierdie toernooi.

Jaco Bekker het ook deelgeneem aan sy eerste SA’s en ‘n baie goeie bydrae gelewer vir die span se goeie uitslae.

Die Buffels Veerpyltjie Klub van Meyerton. Voor: Gerhard van Staden, Theo Verster, Francois Nel en Bennie Ferreira. Agter: Banie van Dyk, Izak Posthumus, Lourens Basson en Zandro Steyn Foto: verskaf

Die ander plaaslike span wat aan die kampioenskappe deelgeneem het was Midvaal Buffels Veerpyltjie Klub van Meyerton.

Dit was die klub se eerste deelname en hulle het vyfde geëindig van 11 spanne in die groep waarin hul gespeel het.

Spelers wat uitgestaan het was Izak Posthumus (10+ deelname aan SA’s) met drie 180’s, Bennie Ferreira met drie 180’s en Francois Nel met twee 180’s.

Die res van die span het ook baie goed gevaar vir hul eerste deelname by SA’s. Hulle was Zandru Steyn, Gerhard Van Staden, Lourens Basson, Banie van Dyk en Theo Verster.

Die top twee spelers van beide klubs is gekies om die Sedibeng Distrik te verteenwoordig tydens SA’s.

Baie geluk aan Lloyd Engelbreght, Francois Nel, Stefan Niemand en Gerhard van Staden. Lourens Basson is as die spanbestuurder aangewys.

Die Sedibeng Distrikspan het tweede geëindig in groep twee waar hul teen sewe ander distrikspanne gekompeteer het.

Op 6 en 7 Augustus 2022 word daar ‘n Vaal Sport Festival aangebied by Emerald Casino vir verskeie sportsoorte, onder andere veerpyltjies.

Vir meer inligting om by een van die klubs aan te sluit kontak Sakkie Breedt (Emfuleni) by 0834509228 of Zandru Steyn (Meyerton) by 0823242944.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button