Local newsNewsNews
Maak gereed vir ronde nommer vyf!
Die vyfde byeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga van 2022 vind Saterdag (23 Julie 2022) by Hoërskool Transvalia plaas.
VANDERBIJLPARK. – Weens ’n veldbrand wat gedeeltes van Stonehaven on Vaal se fietsrybaan beskadig het en ander oorwegings wat met padverkeer te doen het is daar besluit om die byeenkoms wat daar sou plaasvind na Transvalia te verskuif.
Die aksie skop ’n uur vroeër as gewoonlik af, met die eerste wedloop wat reeds om 11:00 begin. Die laaste wedloop skop om 14:25 af.
Dit is die tweede laaste liga-byeenkoms voor AVT se provinsiale byeenkoms op 20 Augustus 2022.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
