Local newsNewsNews

Beurtkrag dryf Suid-Afrikaners na kitskos

Beurtkrag het ’n negatiewe uitwerking op Suid-Afrikaners se gesondheid aangesien dit mense na kitskos dryf.

Volgens die voedselvervaardiger Tiger Brands het beurtkrag nie net ‘n nadelige uitwerking op die land se ekonomie nie, maar beïnvloed dit ook mense se gesondheid aangesien dit mense hul eetgewoontes verander.

 

In baie gevalle duur kragonderbrkings meer as ses uur per dag en ook in die aande wanneer mense kos voorberei.

 

Beurtkrag beteken dat kos in yskaste en vrieskaste bederf en die gebrek aan krag beteken dat die voorbereiding van maaltye dikwels nie voltooi kan word nie omdat baie mense se oonde en stowe met elektrisiteit werk.

 

Daar is toenemende bewyse dat beurtkrag Suid-Afrikaners se voedingskeuses beinvloed. Dit is nie goeie nuus vir ons gesondheid as ‘n nasie nie,” sê Karl Muller, die operasiebestuurder van Tiger Brands-stigting in ‘n verklaring.

 

Ten spyte van die huidige ekonomiese verknorsing, bestee Suid-Afrikaners steeds ‘n aansienlike bedrag aan kitskos, met die vraag wat deur gerief en toeganklikheid aangedryf word. Volgens ‘n Allied Market Research-verslag is die grootte van die Suid-Afrikaanse kitskosmark in 2018 op $2,7 miljard gewaardeer en sal na verwagting $4,9 miljard teen 2026 bereik, wat ‘n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 7,9% van 2019 tot 2026 registreer,” sê Muller.

 

Die maklike verkrygbaarheid van kitskosprodukte beïnvloed ook die kosmaakgebruike van huishoudings. Die frekwensie waarmee mense self kos maak verminder dus terwyl mense se afhanklikheid van kitskosprodukte verhoog,” sê Muller.

 

Terwyl baie restaurante ‘n verlies ly weens beurkrag is daar volgens Muller ander ondernemings wat aangepas het en floreer.

 

In 2019 is daar berig dat ‘n Amerikaanse burgerketting, met honderde afsetpunte regoor Suid-Afrika, rekordverkope in Maart daardie jaar, tydens Fase 4-beurtkrag, behaal het deur kragopwekkers by al sy winkels te installeer.

 

Kitskos is oor die algemeen ongesond, omdat dit kalorie-ryk is en ’n gebrek aan voeding het. Gereelde verbruik van kitskos is gekoppel aan verskeie kwale en gesondheidstoestande, insluitend vetsug. Studies toon dat onder Suid-Afrikaanse volwassenes 68% van vroue en 31% van mans óf oorgewig óf vetsugtig is, gegrond op liggaamsmassa-indeks,” sê Muller.

Muller sê vetsug by kinders is ‘n groeiende wêreldwye epidemie, wat op ‘n kommerwekkend in Suid-Afrika styg. Hy meen die beskikbaarheid van kitskos en beurtkrag siplaas mense se gesondheid op die spel aangesien vetsig verskeie gesondheidspronleme, insluited suikersiekte, tot gevlg het.

 

“Voedingsopvoeding is van kritieke belang om mense te lei om die beste moontlike voedselkeuses te maak met die geld wat hulle beskikbaar het. Skoolgebaseerde intervensies wat gesonde intervensies bevorder, soos ‘n warm voedsame ontbyt, versnaperinge met vrugte in teenstelling met lekkers, het ook getoon dat dit effektief is om vetsug te bekamp,” sê hy.

“Suid-Afrika het onlangs wetgewing ingestel in ‘n poging om die inname van sout te verminder, asook ‘n belasting op suiker. Suikerbelasting word gesien as ‘n manier om die verbruik van versoete drank te verminder.”

Die regering het ook ander beleide ingestel om wanvoeding aan te spreek, soos die Geïntegreerde Voedingsprogram en Nasionale Skoolvoedingsprogram (NSNP). Skoolgebaseerde benaderings en gemeenskapsinisiatiewe het bemoedigende resultate getoon, honger verlig en skoolbywoning verhoog,” sê Muller.

 

Die Tiger Brands-stigting het ‘n skoolvoedingsprogram van stapel gestuur om maaltye wat deur die departement van basiese onderwys beskikbaar gestel word te komplimenteer.

Die voedingsprogram bereik nou 95 skole in nege van Suid-Afrika se provinsies en voorsien maltye aan 74 637 leerders per dag, met bykans 78 510 begunstigdes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button