Public Eye in Vaalpark vier sewe jaar
Veels geluk aan Public Eye en baie dankie vir sewe jaar van harde werk vir die beveiliging van Vaalpark
VAALPARK. – Vaalpark is die afgelope sewe jaar omskep in ‘n veilige dorp waar kriminele op ‘n afstand gehou word.
Die sukses is te danke aan hul spanwerk, gemeenskapsbetrokkenheid en goeie samewerking met die verkeersafdeling en die polisie.
Agter dit alles is daar Public Eye met die twee sleutelfigure, Ariie en Ruan Coetzee.
Vir sewe jaar was Arrie aan bewind van sake as uitvoerende beampte met sy seun, Ruan sy getroue skaduwee.
Met die organisasie se sewe jaar vieringe het Arrie aangekondig dat hy nou die leisels gaan oorgee aan Ruan.
Arrie sal voortaan minder betrokke wees by die operasionele uitvoering van take en meer fokus op fondinsameling en ander projekte.
In ‘n mediaverklaring het Public Eye genoem dat hul menige suksesse die laaste sewe jaar behaal het, met en sonder die SAPD.
“Ons het tesame as ‘n span, ‘n noemenswaardige merk gemaak in die bekamping van misdaad in die Sasolburg distrik, meer spesifiek in Vaalpark.
“Verskeie mylpale is behaal soos onder andere, die kamera verkenningstorings wat opgerig is by al die in en uitgange van Vaalpark en die 24/7 monitering daarvan waaruit menigde arrestasies voortgespruit het. Ons alarm monitering en reaksie diens is in volle swang en groei daagliks.”

