Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Die weeklikse voorsmakie van wat in die Vaalweekblad verskyn. Te koop vanaf 20 Julie 2022.

Middel Julie en die luggie is maar skraal in die oggende en ysig in die aande. Gelukkig is daar altyd goed voel stories in die Vaalweekblad om bietjie warmte om die hart te gee.

Die week kuier ons by Kinderwelsyn se Magda de Man, die een met die sagte hart en sterk geloof. Dan is daar die storie van Ivan, ‘n oudleerling van Eurekaskool, wat onlangs deur Nick Rheeder die kans van ‘n leeftyd gegun is.

In my rubriek, Ek sê maar net, gesels ek oor al die mense wat onbaatsugtige dienswerk in die Vaaldriehoek doen en in die sportblaaie kan jul meer lees oor die onlangse SA Veerpyltjie kampioenskappe.

My kollegas het ook ‘n bedrywige week agter die blad en daar is iets van alles in die koerant die week. Kyk ook uit vir die Vaalweekblad se nuwe kompetisie en dan is daar natuurlik nog die blokraai ook.

Bly warm. Wees veilig en hou die blink kant bo.

Groetnis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button