Local newsNewsNews

Megaliters rou riool stroom onverpoos in die Vaalrivier by Vereeniging

Megaliters rou riool stroom onverpoos in die Vaalrivier by die Spider Valley-pad (Mario Milanirylaan) naby Vereeniging.

VEREENIGING. – Volgens Dennis Ryder, die Demokratiese Alliansie se voorsitter in die Vaal-streek, kom die besoedeling van die Emfuleni Plaalike Munisipaliteit se pompstasie #16 af.

Die rioolvuil stroom met behulp van ‘n sloot wat gegrawe is direk in die Vaalrivier in.

Ryder lê die blaam vir die probleem voor Rand Water se deur.

Rand Water is veronderstel oorsig te hou oor die verbetering van die rioolsisteem, maar dit lyk of geen moeite gedoen word nie en tans sit ons met die probleem van liters en liters rioolvuil wat onverpoosd in die Vaalrivier stroom,” sê Ryder.

Die rioolvuil borrel uit ‘n vestopte drein by Pompstasie #16. Foto: Verskaf
Pompstasie #16 is die oorsaak van die besoedeling. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button