Local newsNewsNews

Trendsetters van formaat

RUBRIEK. - Want ons hou van mense wat buite die boks dink...

VAALPARK. – Gert Janse van Rensburg van o.a The Bar with No NAME dink anders. Hy is altyd opsoek na nuwe idees en dinge wat by die gewilde kuierplek en restaurant kan plaasvind.

Saterdag, 6 Augustus is daar glad ‘n “klap-kompetisie” aan die gang. Voorwaar, groot manne  (en vroue) het mekaar uitgedaag om te kyk wie kan vir wie omslaan met die plathand.

Nou nie in almal se beker boeretroos nie, maar die kaartjies is reeds uitverkoop.

Hierdie Saterdag, 23 Julie, is daar ‘n hele pretdag beplan. Om 10:00 moet al die “klap-strydosse” aanmeld vir hul medies goedkeuring.

Om 12:00 gaan 50 deelnemers mekaar die stryd aansê in ‘n “hotdog-eet” kompetisie. Daar gaan gekyk word wie kan die meeste hot-dogs in 10 min verober. Maagpyn gewaarborg vir die deelnemers en groot pret vir die omstanders.

Maar, dis nie al nie, soos hulle op die tv-ads sê. Die einste The Bar with No NAME het ook nou ‘n spesiale kompetisie geloods op hul Facebookblad.

‘n Gesin staan die kans om ‘n regte “drive-in” movie ondervinding te wen, kompleet met springmielies en pizza ingesluit. Wel, hulle voorsien selfs die motor waarin die gesin die movie kan kyk – die Bar with No NAME se eie stasiewa.

Die rolprent sal in die Village vertoon word en sal kindervriendelik wees, want natuurlik moet die kiddies saamkom vir die geleentheid. Gou speel die kompetisie sluit eersdaags.

Gaan loer gerus op hul Facebookblad vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button