Local newsNewsNews

Ondersoek gelas oor onreëlmatige tenderprosesse by Midvaal

President Cyril Ramaphosa het die spesiale ondersoekeenheid (SOE) opdrag gegee om 'n omstrede tenderprosesse by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit te ondersoek.

MIDVAAL. – Volgens ‘n proklamasie wat in die staatskoerant van 8 Julie 2022 gepubliseer is gee Ramaphosa die SOE opdrag om ondersoek in te stel na die volgende:

*”Ernstige wanadministrasie in verband met die aangeleenthede van die munisipaliteit,

*onbehoorlike of onregmatige optrede deur beamptes of werknemers van die munisipaliteit,

*onregmatige bewilliging of besteding van publieke geld of eiendom,

*onwettige, onreëlmatige of nie-goedgekeurde verkrygende handeling, transaksie, maatreël of praktyk wat op staatseiendom betrekking het,

*opsetlike of nalatige verlies van publieke geld of skade aan publieke eiendom,

*misdrywe in terme van die wet op die voorkoming en bestryding van korrupte aktiwiteite, en

*onwettige of onbehoorlike optrede deur enige persoon wat ernstige benadeling vir die belange van die publiek of enioge kategorie daarvan veroorsaak het of kan veroorsaak.”

Die Vryheidsfront Plus het in ‘n verklaring gesê die party verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa aan die SOE om ‘n omstrede tenderproses te ondersoek.

Volgens Corrie Peypers, Vryheidsfront Plus-raadslid by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, handel die tenderproses oor die verkryging van ‘n kontrakteur vir die huur van ‘n voertuigopsporingstelsel insluitende die installering, monitering en onderhoud van ‘n webgedrewe, direkte opsporingstelsel namens die Midvaal-munisipaliteit.

Peypers sê die SUII is versoek om die betalingswyse te ondersoek om vas te stel of die proses regverdig, mededingend, deursigtig, billik en koste-effektief was.

Daar moet ook vasgestel word of die tenderproses strydig was met die toepaslike wetgewing, handleiding, riglyne, omsendbriewe en instruksies wat deur die betrokke provinsiale tesourie uitgevaardig is en die beleid wat van toepassing op die munisipaliteit is.

Ook of die munisipaliteit enige onregmatige, onreëlmatige of vrugtelose en verkwiste uitgawes aangegaan het,” verduidelik Peypers.

Volgens Peypers is die VF Plus reeds in die verlede by verskeie geleenthede die Gautengse tesourie versoek om alle kontrakte wat deur die Midvaal-munisipaliteit aangegaan is, te ondersoek.

Die proklamasie wat op 8 Julie 2022 in die staatskoerant gepubliseer is.
Corrie Peypers, ‘n Vryheidsfront Plus-raadslid by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê die party verwelkom die ondersoek. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button