Local newsNewsNews

Palms Aftree Oord onder water nadat waterpyp bars

Gedeeltes van die Palms Aftree Oord in Drie Riviere is onder water nadat 'n waterpyp in Palmstraat, Drie Riviere gebars het.

VEREENIGING. – Volgens Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, het die pyp sowat drie dae gelede gebars.

Werkers van Metsi-a-Lekoa, die water- en sanitasiediens van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, was glo daar om die lek reg te maak, maar moes volgens Venter omdraai omdat hulle nie die regte toerusting en parte het nie.

Intussen het daar al baie water in die spreekwoordelike see geloop en nou is gedeeltes van Fase 1 van die Palms Aftree Oord onder water.

Dit is so erg dat die water nou al in eenhede by die ouetehuis in stroom.

Venter was Donderdagoggend (21 Julie 2022) by die aftree oord om oplossings te probeer vind.

Volgens Venter is dit ook problematies dat daar geen dreineringstelsel langs Palmstraat is om water op te vang nie.

Water lek al vir drie dae by die Palms Aftree Oord in Drie Riviere. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button