Local newsNewsNews

Inwoners van SE 7 keelvol vir kragonderbrekings, petisie kom

Terwyl ander woongebiede normale beurtkrag ervaar, word die inwoners van SE 7 in Vanderbijlpark gestraf met beurtkrag én kragonderbrekings.

VANDERBIJLPARK. – Volgens Yvonne Coertze, raadslid vir Wyk 9 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, word die daaglikse kragonderbrekings veroorsaak deur substasies en kabels wat brand.

Die probleem kan hoofsaaklik toegeskryf word aan onwettige konneksies wat deur studente en sommige huis eienaars gedoen word.

Omdat Emfuleni ook nie die regte prosedures volg wanneer krag herstel word nie, hou kabels eenvoudig aan om te brand,” vertel sy.

Volgens Coertze is dit ‘n daaglikse stryd om te verseker dat SE 7 die basiese dienste kry wat hulle verdien en waarvoor hulle betaal.

Yvonne Coertze, raadslid vir SE 7 in Vanderbijlpark, wat erg gebuk gaan onder kragonderbrekings. Foto: Verskaf

Sy sê daar ‘n wonderlike LSDP-plan wat 90% van die probleme in SE 7 tot ‘n einde sal bring, maar die probleem is dat die munisipaliteit dit nie toepas nie.

Om die proses aan te help en vuur te maak onder Emfuleni het Coertze ‘n petisie opgetrek wat deur die inwoners geteken kan word.

Die petisie behels onder andere:

*Dat ‘n moratorium op alle hersonering aansoeke en ontwikkelings geplaas word.

*Dat die LSDP-plan toegepas word op eiendomme wat reeds suksesvol hersoneer het.

*Dat alle onwettige konneksies verwyder word en die DB-bokse op so manier gesluit word om te verseker dat net Emfuleni toegang het en dat herstel werk aan die substasies aan die standaarde moet voldoen.

Coertze sê: “Ek kan nie langer toekyk hoe Emfuleni se ‘ons-gee-nie-om’-houding inwoners ontwrig nie.

Soos dit is sukkel inwoners reeds om kop bo water te hou met die verhoogde tariewe in brandstof en dienste, nou moet hulle die begroting aanpas om te verseker daar is brandstof vir ‘n kragopwekker ook en soms groot verliese ly omdat voedsel weggegooi moet word,” sê Coertze.

Die petisie vra onder meer dat DB-bokse op so manier gesluit word om te verseker dat net Emfuleni toegang het en dat herstel werk aan die substasies aan die standaarde moet voldoen. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button