CommunityHealthLifestyleLocal newsNews

Dwelmverslaafde loop openlik rond met naald in die arm

Inwoners vrees vir die veiligheid van hul kinders

 

Theresa Ross van Sasolburg het vroeër vandag video’s geneem van ‘n man wat blykbaar in ‘n oop veld naby Laerskool Fonteine tussen ‘n klomp rommel woon en openlik met ‘n naald (vermoedelik ‘n dwelmmiddel) in sy arm rondloop. In die video kan gesien word hoe hy handgebare maak terwyl hy met homself gesels. Dit is duidelik dat die arme mens dringend hulp nodig het. Inwoners is besorgd oor hom, maar is nog meer bekommerd oor hul kinders wat gereeld deur die area moet loop.

Theresa skryf:
Ek weet nie regtig hoe rapportering aan Public Eye werk nie, maar ons het vroeër vandag hierdie man gerapporteer met die versoek aan PE Sasolburg vir hulp om hom te verwyder.
Hy sit en spuit dwelms sonder enige vrees, oop en bloot. Dit is erg genoeg dat die dwelmgebruikers die hele wandellaan oorgeneem het. Daar is nie ‘n manier dat hierdie net gelos kan word nie.
Dit is agter Zee Kafee/Fonteine skool, waar heelwat skoolkinders moet loop, dit is GEVAARLIK! Help ons asseblief met raad oor hoe om hierdie mense hier weg te kry, hulle word net meer!

Op die video kan gesien word hoe die man met vele handgebare met homself “gesels”
Die dwelmnaald wat aan die man se arm hang, is hier met geel omkring.

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button