Local newsNews

Baba Azaria fondsinsameling vorder stadig maar seker

Haar geboorte en daaropvolgende hartoperasie is om die draai. U BEE 4 ME het al heelwat geld ingesamel, help hul oor die laaste hekkie.

VANDERBIJLPARK – Azaria Meyer word vandag oor twee weke gebore. 9 November. Haar ouers, Jeanré en Pieter Meyer, sien uit daarna om haar te verwelkom. Hulle is egter ook baie bekommerd.

Azaria het Truncus Arteriosus. Dit beteken dat haar hart net een groot bloedvat het waar daar normaalweg twee moet wees, en dat daar ’n gaatjie tussen die twee onderste hartkamers is.

Kontak Nicoleen vir meer besonderhede. Foto verskaf NIcoleen Harmse

Sy sal vir ʼn groot hartoperasie moet gaan binne weke na haar geboorte. Slegs een spesialis is bereid om die operasie te doen. Haar ouers het, weens omstandighede buite hul beheer, nie tans ʼn mediese fonds nie.

Azaria moet in die hospitaal gebore word, waar die spesialis werksaam is. Die hospitaal is ook toegerus met ʼn neonatale intensiewesorgeenheid wat Azaria se tuiste vir lank sal wees.

Om baba en haar ouers te help het die geregistreerde nie-winsgewende organisasie, U BEE 4 ME, ingespring en verkoop lotjies om geld in te win.

Tans het is daar reeds R61 070 ingesamel. Daar word dringend nog R38 930 benodig. Lotjie kaartjies vir verskeie pryse is te koop teen R100 en R50 per kaartjie. Die sluitingsdatum is 30 Oktober.

Alle fondse sal gebruik word om Azaria se mediese onkostes te betaal. Inbetalings kan gedoen word by:

Rekeningnaam: U BEE 4 ME NPC

Rekeningnommer: 1234 826 054

Bank: Nedbank

Verwysing: AZARIA

Vir meer inligting kontak Nicoleen op WhatsApp 084 598 1722 vir meer besonderhede.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button