News

Vanderbijlparkse dokter verskyn op verkragtingsklag

Die dokter het Maandag vlugtig in die streekhof verskyn. Die saak is tot 26 November uitgestel vir verdere ondersoek.

VANDERBIJLPARK. – ’n Mediese praktisyn van Vanderbijlpark wat van verkragting aangekla word, het Maandag 26 Oktober weer vlugtig in die hof verskyn.

Die saak is tot 26 November uitgestel vir verdere ondersoek. David Mey verteenwoordig die beskuldigde.

Volgens die polisie het ’n 20-jarige vrou die saak aangemeld nadat sy ’n mediese fasiliteit in Vanderbijlpark vir behandeling vir hoofpyn en migraine besoek het. Sy beweer die praktisyn het tydens die konsultasie onbehoorlik opgetree onder die voorwendsel dat hy ’n mediese ondersoek doen.

Die polisie sê die ondersoek duur voort.

Vaalweekblad weerhou die beskuldigde se naam op regsadvies, aangesien hy nog nie gepleit het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button