Local newsNewsNews

Munisipaliteite steur hul nie aan wette oor watersuiwering nie

Dit dat slegs 13 uit 90 munisipaliteite enigsins gereageer het op skriftelike aanmanings van die departement oor gebrekkige watersuiwering by die munisipaliteite se water-aanlegte.

VF Plus het ‘n mediaverklaring uitgeryk waarin hul aandring op optrede teen munisipaliteite wat wetlike voorskrifte oor watersuiwering verontagsaam.

Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) sê in die verklaring:

Dit is totaal onaanvaarbaar dat munisipaliteite hulle nie steur aan wetlike voorskrifte rondom die behandeling van rioolwater nie en dat die departement van water en sanitasie (DWS) klaarblyklik argeloos hieroor staan.

Uit skriftelike vrae van die VF Plus aan die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, blyk dit dat slegs 13 uit 90 munisipaliteite enigsins gereageer het op skriftelike aanmanings van die departement oor gebrekkige watersuiwering by die munisipaliteite se water-aanlegte.

Die ‘kritieke wanfunksionering’ van dié 90 munisipaliteite se watersuiweringstelsels is uitgewys in die jongste Groendruppel-verslag.

Aan die hand hiervan het die departement elk 60 dae gegun om skriftelike planne voor te lê om die probleem op te los.

Hierdie wetlike vereiste is bloot geïgnoreer en in die minister se antwoord aan die VF Plus word geen melding van enige optrede gemaak nie.

Die VF Plus sal by die minister daarop aandring dat daar sterk en sonder versuim teen die rekenpligtige beamptes van die betrokke munisipaliteite opgetree word.

Gewone landsburgers wat landswette oortree, word vervolg, maar vir munisipale amptenare wat die wet oortree soos hier duidelik gebeur, is daar klaarblyklik ʼn ander stel reëls.

Omgewings- en waterwetgewing maak ruim voorsiening vir die vervolging van persone wat toelaat dat waterbesoedeling plaasvind.

Die publisering van die Blou (gehalte van drinkwater)- en Groendruppel (gehalte van gesuiwerde rioolwater)-verslae is verlede jaar weer op aandrang van die VF Plus ingestel nadat dit laas in 2013/14 gedoen is.

Die doel daarvan is juis om ernstige probleme rondom waterbesoedeling en die groeiende tekort aan drinkbare water op te los.

Water is ʼn kosbare kommoditeit in Suid-Afrika en daar mag nie toegelaat word dat die land se waterbronne soos riviere en ondergrondse bronne op groot skaal besoedel word soos wat tans gebeur nie.

Die departement het verlede jaar, met die herinstelling van die verslae se bekendmaking, gesê dit word gedoen om munisipaliteite verantwoordbaar te hou en dat daar streng teen oortreders opgetree sou word. Dit het nie gebeur nie.

Dit wil vir die VF Plus voorkom of die jarelange gebrek aan optrede ʼn houding van totale argeloosheid onder munisipaliteite laat ontstaan het en dat die instandhouding van aanlegte dienooreenkomstig agterweë gelaat is.

Luidens die minister se antwoord het slegs 6 van die 13 munisipaliteite wat gereageer het, planne voorgelê terwyl 7 òf uitstel, òf departementele hulp aangevra het.

77 munisipaliteite het die departementele aanmanings bloot geïgnoreer.

Tot daar nie opgetree word teen die skuldiges nie, is die Blou- en Groendruppel-verslae nie die papier werd waarop dit gedruk is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button