Local newsNewsNewsSportSport
Marione deur na semi-finale in Oregon
Veels geluk Marione en sterkte vir die semi's!
OREGON. – Marione Fourie (20) is deur na die semi-finale van die 100 m hekkies wedloop by die Wêreld Atletiek Kampioenskappe wat tans in Oregon, VSA plaasvind.

Sy het met ‘n tyd van 12.94 s ‘n uitstekende derde plek in die uitdunne behaal.
Die jong blits, wat in Vanderbijlpark grootgeword het, neem tans aan haar eerste senior wêreldkampioenskap deel.
Die semi-finale se uitdunne vind op 24 Julie net na 17:05 Oregon tyd plaas, wat beteken dis so 02:10 op Maandagoggend, 25 Julie 2022 vir Suid-Afrikaanse naguile wat dit graag wil sien.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
