Spog met jou ‘bestie’ in ons nuwe wedstryd!
Internasionale Vriendskapdag word jaarliks op 30 Julie gevier. As deel van dié dag, bied Vaalweekblad die “Ek het die beste bestie-wedstryd” aan. Inskrywing is gratis en kontant en ander pryse is op die spel.

Deur ‘n oulike foto van jou en jou beste maat in te skryf kan jy ‘n kans staan om top-gehalte pryse te wen.
Daar is nie ‘n ouderdomsbeperking nie, so vriende van alle ouderdomsgroepe kan inskryf.
Die sluitingsdatum is eers 14 Augustus, maar foto’s moet so gou moontlik gestuur word, want ons wil met jul foto’s op ons Vaalweekblad-blaaie spog!
Die eerste inskrywings verskyn reeds die week in die koerant.
Daar sal nie vir die foto’s gestem word die, maar onafhanklike beoordelaars sal die wenners aanwys. Die wenners sal op 17 Augustus in Vaalweekblad aangekondig word.

Van die pryse op die spel sluit in:
R1 000 kontantprys van Vaalweekblad; asook verskeie pretpryse soos geskenkbewyse van D-tail Carwash by die Emerald Resort & Casino; vier dubbelkaartjies vir die Demi Lee Moore vertoning op 19 Augustus by The Bar With No Name in Vaalpark; asook twee pryse van The Relaxation Room (dit sluit ‘n rug-, nek- en voetmassering in en elke prys is vir ‘n wenner plus sy/haar vriend of vriendin, of metgesel van keuse. Die waarde van die pryse is R1 400).
Om deel te neem is maklik
1. Stuur ‘n goeie kwaliteitfoto van jou en jou bestie (hy/sy of selfs troeteldier as dit inderdaad jou beste vriend is) na elsje.vermeule@media24.com of Whatsapp dit na 076 454 9256.
2. Verskaf jou en jou bestie se naam en van en van watter dorpe julle onderskeidelik is.
3. Sê hoe lank julle al beste vriende is en wat maak jou bestie so spesiaal.
