Local newsNewsNews

Nuwe bestuur vir AfriForum se Midvaal-tak

AfriForum se Midvaal-tak het op 19 Julie 2022 geherorganiseer en ’n nuwe bestuur aangewys.

MIDVAAL. – Die nuwe takbestuur is: Pieter Swart (voorsitter), Ursela Pretorius (ondervoorsitter), Sandra Louw (tesourier), Elzette Opperman (administrasie), Esteline Vermaak (omgewingsake), Tobie Louw (plaaslikeregeringsake) en Zieg Steyn (veiligheid).

 

Een van die tak se fokuspunte vir die volgende jaar is om ’n goeie verhouding met die Midvaal-gemeenskap te bou om sodoende hul lede te kan help met probleme wat hulle in die gemeenskap ondervind. Hulle wil ook daarop fokus om AfriForum se ledetal uit te brei deur meer inwoners by die tak betrokke te kry. Verder wil die Midvaal-tak ook ’n veiligheidstruktuur in Midvaal skep, omdat hierdie omgewing ook onder misdaad en ander veiligheidsrisiko’s gebuk gaan. AfriForum het meer as 160 buurtwagte en bied baie voordele aan sy buurtwaglede.

 

As jy wil deel word van die verskil wat AfriForum se Midvaal-tak in jou omgewing kan maak, kontak gerus die tak op 072 771 9081. Sluit ook aan by die AfriForum Midvaal-groep op Facebook.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button