LifestyleLocal newsNews

‘Wees bedag op dié soort bedrog’

Dit was die eerste keer dat ek ‘n kar privaat koop en ek het lekker in die slagyster getrap

Anoniem van Vanderbijlpark skryf:

Hier is my nare ondervinding: Ek koop ‘n kar in Februarie 2022, registreer hom in my naam nadat hy deur die toets is. By die lisensiekantore in Vanderbijlpark betaal ek R500; eintlik R492, maar hulle gee nie kleingeld nie en die personeellid sê vir my dat ek nog met my huidige lisensieskyfie kan ry tot einde Junie 2022, aangesien dit nog geldig is. Ek maak toe so.

Einde Junie gaan ek lisensiekantore toe om my nuwe lisensieskyf te kry. Die onvriendelikste personeel met wie ek in ‘n lang tyd te doen gehad het, wys net met die hand – daar. Die “daar” was toe om ‘n afskrif van my ID te maak. Kom toe by ‘n nog meer onvriendelike vrou wat op haar rekenaar werk. Sy gooi my papiere vir my terug, sonder die nuwe skyfie, en sê ek moet R632 betaal. Dit is nou saam met die “boete” omdat ek nie in Februarie ‘n nuwe een gekry het nie, plus, die kar moet wéér deur die toets gaan, nog ‘n verdere R650.

Ek hoor toe dit word nogal gereeld op so ‘n manier gedoen en hulle steek daardie geld in hul sakke. Dit was die eerste keer dat ek ‘n kar privaat koop en ek het lekker in die gat getrap by die lisensiekantore.

Mense, wees asseblief bedag op sulke tipe bedrog.

 

ILLUSTRASIEFOTO: Internet

***************************************************************************************************************************

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button