Local newsNewsNews
Broeklose vent probeer verkeer reguleer
Met slegs 'n onderbroek en sokkertrui aan het 'n man Dinsdagmiddag (26 Julie 2022) verkeer in Vereeniging se middestad probeer reguleer.
VEREENIGING. – Die man het op die besige kruising van Rhodeslaan en Voortrekkerstraat gestaan en sy bes probeer om verkeer te reguleer, maar motoriste het nie op sy handgebare ag geslaan nie.
Die verkeersligte is in ‘n werkende toestand.
Die man is ‘n paar keer amper omgery.
In die middel van die pad het sy broek gelê.
Dit is onbekend of die man aan ‘n geestesversteuring ly of net die gek probeer skeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
