Local newsNewsNews

Plaaslike dansers bekoor Kaapse gehoor

Altyd lekker om te sien as Vaaldriehoekers presteer.

KAAPSTAD. – Die Vaal se eie Carli Olivier en haar spaanse dansers van Compañia Sophia het die afgelope week elke aand gehore op hul voete gehad in die Theartre on the Bay.

Fotor’s Facebook

Hulle het hul vertoning, Romanza, wat hul saam met die meester kitaarspeler, James Grace aanbied daar opgevoer.

Die week se vertonings is afgesluit met ‘n staande ovasie voor ‘n vol teater.

Carli en haar span neem nou hul Romanza vertoning na Monte Casino waar hul vanaf 27 Julie tot 7 Augustus te sien sal wees. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Volge gerus die skakel: https://tickets.computicket.com/…/james_grace…/7184897

Die Vaaldriehoek is trots op Carli en haar dansers. James Grace tree so baie saam met Carli-hulle op, dat ons hom ook al as ‘n Valie beskou. Ons werk nog net aan sy Afrikaans!

Sterkte met die vertonings by die Pieter Toerien Teater. Ons hoop om jul gou weer op ‘n Vaaldriehoek verhoog te verwelkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button