Local newsNewsNews

‘Emfuleni se riool- en waterkrisis verbeter nie’ – VF Plus

Die Vryheidsfront Plus sê die riool- en waterkrisis het oor die afgelope vier jaar nie verbeter nie.

Volgens Gerda Senekal, VF Plus-raadslid by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is daar met die VF Plus se onlangse water- en riooloorsigtoer in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), gevind dat daar geensins ʼn verbetering die afgelope vier jaar in die water- en rioolkrisis is wat die munisipaliteit teister nie.

Infrastruktuur is volgens die VF Plus ook steeds ontoereikend.

Die party besoek een keer per jaar al die water- en rioolpompstasies, pypleidings, strome en damme om vas te stel of daar ʼn verbetering in die situasie is.

Senekal sê: “Verskeie departemente het sonder sukses by die Emfuleni-munisipaliteit probeer ingegryp, waaronder die nasionale departement van water en sanitasie onder leiding van die destydse minister, Lindiwe Sisulu, Randwater, die menseregtekommissie (MRK) en die Suid-Afrikaanse weermag.”

Die VF Plus het dit onlangs benadruk dat Randwater se leen van sewentien bakkies in Mei vanjaar aan die Emfuleni-munisipaliteit om die omvangryke waterkrisis op te los, nie voldoende is nie.

Die kontrak verval eerskomende maand en niks is gedoen nie.

Die bakkies word deur Randwater gehuur en aan Emfuleni beskikbaar gestel as deel van die Artikel 63-proses van die Nasionale Waterdienstewet ingevolge waarvan die nasionale departement van water en sanitasie volledig beheer geneem het oor alle waterbronne in die munisipaliteit.”

Volgens Senekal is miljoene ook van nasionale tesourie ontvang om die onderskeie pompstasies te herstel, maar verskeie is nog buite werking.

Gedurende die toer is opgemerk dat spruite waarin riool voorkom, na damme vloei wat verdere besoedeling veroorsaak.

Die VF Plus sal nooit ophou om op elke platform druk op die Emfuleni-munisipaliteit te plaas en so te sorg dat die munisipaliteit se infrastruktuur behoorlik in stand gehou word en belastingbetalers se welverdiende geld nie vermors word nie.

Emfuleni se inwoners verdien beter as die ANC wat die munisipaliteit in die afgrond in bestuur het,” sê Senekal.

Nog ‘n pompstasie wat steeds buite werking is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button