NewsNewsSport

Magdom Coke, water, piesangs, aartappels en ‘bier’ wag op Comrades-atlete

Daar is slegs 18 dae oor voor vanjaar se Comrades Marathon en terwyl atlete besig is om hul laaste voorbereiding vir die wedloop te doen is die Comrades-reëlingskomitee tans besig om te verseker dat die watertafels langs die roete toegerus is met 'n verskeidenheid verversings.

Talle plaaslike atlete van die Vaaldriehoek sal aan vanjaar se wedloop deeneem.

Die 95ste Comrades Marathon vind op 28 Augustus plaas.

Dit sal die 47ste “af-wedloop” wees, wat beteken dat die wedloop by Pietermaritzburg se stadsaal sal begin en by die Moses Mabhida Stadion in Durban eindig.

Atlete het 12 uur om die 89.885km tussen Pietermaritzburg en Durban af te lê.

Om atlete langs die pad te help is daar altesaam 43 waterpunte langs die roete.

Die watertafels langs die roete sal volgens die Comrades Marathonvereniging met die volgende verversings toegerus wees:

Coke: 30,350 liter

Fanta / Crème Soda:10,650 liter

Coke papierbekers (175ml): 450,000

Thirsti-watersakkies:1.9 million

Isofit-sakkies (Isofit is ‘n sportdrankie): 475,000

Asemzansi Amahewu: 45 000

Bavaria 0.0% Bier :10,000 x 150ml blikkies

Gekookte aartappels: 1 ton

Piesangs: 9 ton

Lemoene: 4.5 ton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button