NewsNewsSport

Gholfdag ten bate van hokkiespelers en hul oorseese toer gehou

Die seuns is gekies vir hokkiespan wat in Oktober na Nederland sal reis.

Die Werner Joubert Tennisakademie (WJTA) bied op Woensdag 7 September 2022 ‘n gholfdag by Heron Banks aan om fondse vir twee belowende jong hokkiespelers van die Vaaldriehoek in te samel.

Ruan Venter, hoofseun van Hoërskool Sasolburg en Daniël Grobler, ‘n leerling aan Hoërskool Transvalia, is albei gekies vir die Elsie Coetzer Hokkieskool (ECHS) se uitnodigingspan wat in Oktober na Nederland sal reis.

Die seuns speel albei vir hul skole se onderskeie eerste spanne. Ruan is kaptein van Hoërskool Sasolburg se eerste span.

Die toer sal vanaf 2 tot 11 Oktober plaasvind waartydens die span Amsterdam, Den Haag en Maatricht sal besoek.

Die ECHS-uitnodigingspan sal tydens hul reis afrigtingsklinieke bywoon en ook aan wedstryde deelneem.

Die doel van die toer is om talentvolle jong hokkiespelers soos Ruan en Daniël aan internasionale hokkie, sowel as geleenthede bloot te stel.

Die kostes van die toer beloop tussen R40 000 en R50 000.

Om geld vir die seuns in te samel en hulle te help om in Nederland te kom het hul tennisafrigter Werner Joubert besluit om ‘n gholfdag te reël.

Albei die hokkiespelers behoort ook aan Joubert se tennisakademie.

Die gholftoernooi word in ‘n vierbal formaat aangebied en die inskryffooi beloop R1 400 per span van vier.

Die eerste afslaan vind om 11:00 plaas.

Registrasie kan vanaf 08:00 gedoen word.

Skakel Janette Birkenstock by 083 232 0363 vir meer besonderhede.

Ruan Venter, hoofseun van Hoërskool Sasolburg en kaptein van die skool se eerste hokkiespan. Foto: Verskaf
Daniël Grobler, ‘n hokkiespeler van Hoërskool Transvalia se eerste span. Foto: Verskaf
Werner Joubert, die seuns se tennisafrigter, wil deur middel van ‘n gholfdag help om fondse vir Ruan en Daniël se Nederlandse toer in te samel. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button