Local newsNewsNews

Public Eye laat die balle rol

Die Public Eye patrolleerders het gewys hulle kan meer doen as net misdadigers vang!

VAALPARK. – Hoewel Public Eye se patrolleerders vir hul misdaadbekampingsaksies bekend is, het hulle op 16 Julie ook hul staal op ‘n heel ander gebied gewys.

As deel van hul fondsinsamelingsprojek vir die kameraprojek het hulle op dié dag ‘n rolbaldag by die Sasolburg Rolbalklub gehou.

Almal het gees-
driftig meegedoen aan die dag.

Public Eye is tans besig om fondse in te samel om al die kameratorings in Vaalpark te befonds, asook die eerste een wat eersdaags in Sasolburg opgerig gaan word.

Die skakelbeampte van Public Eye, Arrie Coetzee, het laat weet die dag is met groot geesdrif aangepak. Daar was ‘n ongelooflike gees en atmosfeer met die reuk van gebraaide uie en wors wat die lug gevul het.

“Die fondsinsameling was ‘n reusesukses, beide finansieel en die samesyn. Ons doelwit wat ons vooraf gestel het vir die insameling is nie net bereik nie, maar ook oorskry.

“Daar kan dus nou ‘n aansienlike bedrag geallokeer word ten opsigte van Sasolburg se eerste kameratoring, die bestaande toringprojek in Vaalpark en ons skenk ook aan drie tehuise vir bejaardes in Sasolburg alle surplus fondse wat ons beoogde doelwit oorskry het.”

Public Eye was ook verras toe Lionel van Siphiwe Civils onderneem het om die fondasie van die eerste toring in Sasolburg te borg.

Hulle het die Sasolburg Rolbalklub, hul projekspan, borge, deelnemers en toeskouers bedank vir hul deelname en entoesiasme wat die sukses van die dag verseker het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button