LifestyleLocal newsNewsOpinions

Midvaal: Nuwe tariewe het op 1 Julie ingeskop

In Midvaal word elektrisiteit in sekere wyke deur Eskom direk verskaf en in ander deur Midvaal as tussenganger vanaf Eskom.

Deur Raadsheer Phil C. Pretorius – DA Hoofsweep, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit

Op 1 Julie 2022 het die nuwe finansiële jaar in aanvang geneem en is die nuwe tariewe geaktiveer. Hierdie tariewe word vasgestel deur NERSA en Midvaal kan slegs intree vir ons inwoners met ‘n spesiale versoek. Ek het reeds ʼn aantal weke gelede oor die goedgekeurde begroting gerapporteer maar sal graag die nuwe elektrisiteittariewe wil uitlig.

In Midvaal word elektrisiteit in sekere wyke deur Eskom direk verskaf en in ander deur Midvaal as tussenganger vanaf Eskom. Dit kan jy bepaal deur na te gaan van wie af jy jou elektrisiteitsrekening kry. Dit beteken dat waar Midvaal die tussenganger is, die infrastruktuur deur Midvaal onderhou word. Vir die rede word ʼn minimale diensfooi op die elektrisiteit gehef. Dieselfde geld vir die voorsiening van water.

Vullisverwydering en sanitasietariewe is deur Midvaal verlaag na 6% terwyl water op 8.8% bly soos deur Rand Water vasgestel. Hierdie tariewe is op Midvaal se webblad gepubliseer. Midvaal het na onderhandelinge met NERSA aangekondig dat hulle die oorspronklike verhoging vir elektrisiteit kon aanpas na slegs 6.89% vir ons inwoners.

Vanaf 1 Julie 2022 is voorafbetaaleenhede se koste soos volg:

0-50 eenhede: R1,41/eenheid
51-350 eenhede: R1,77/eenheid
351-600 eenhede: R2,60/eenheid
601 en meer: R3,02/eenheid
(Vir doeleindes van voorbeeld is die getalle afgerond)

Hierdie tariewe word op ʼn glyskaal verhaal. Die glyskaal werk as volg: op die eerste van elke maand word die minimum tarief van R1,41c verhaal vir die eerste 50 eenhede wat aangekoop word. Vanaf eenhede 51 tot 350 word die tweede vlak van die glyskaal verhaal wat R1,77c is. Vanaf eenhede 351 tot 600 verhaal hulle R2,60c per eenheid en vanaf 601 opwaarts is die tarief van R3,02 van toepassing. Aan die begin van die volgende maand begin die eenhede weer op 0 teen R1,41c per eenheid.

Wanneer jy dus 100 eenhede koop op die eerste van die maand sal jy R1,41 per eenheid betaal vir die eerste 50 eenhede (R70,55c) en dan vir eenhede 51-100 die bedrag van R1,77 per eenheid (R88,66c). Dit sal jou dus ongeveer R152,51c kos vir die eerste 100 eenhede teen ʼn gemiddeld van R1,59/eenheid, ens.

Dit maak dus sin om te bepaal hoeveel eenhede jy min of meer per maand gebruik en dan slegs daardie aantal eenhede aan te koop vir die maand. As jy bv slegs 800 eenhede gebruik in die maand maar 1000 eenhede gekoop het gaan jy vir die laaste 200 eenhede die hoogste tarief betaal (R3,02) i.p.v. die laer koste vir die eerste 50 en dan 51 tot 350 ens. wat jy in die volgende maand sou betaal. Dit is dus nie koste effektief om bv.: R10 000 se krag op een slag aan te koop nie.
Dit bly vir Midvaal ʼn prioriteit om kostes so laag moontlik te hou vir ons inwoners en seker te maak dat elke sent terug geploeg word in ons gemeenskap.

Trotse Midvaal Groete

Ph!l

Web: www.midvaal.gov.za
Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network
Tel: 0861 643 8225
MyMidvaal App

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button