Vaalpark Primêr meisies se vrouedagvieringe
Milanie Stadler het Vaalpark Primêr se graad 4 - 7 meisies vir vrouedag toegespreek met 'n boodskap wat harte geraak het.
VAALPARK. – Vaalpark Primêre Skool se leerlingraad het besluit om iets spesiaals vir Vrouedag te doen.
Daar is begin deur die graad 4 – 7 meisies se badkamerdeure oor te doen met motiveringsboodskappe op.

Dan het hul ook vir Milanie Stadler gekry om die meisies te kom toespreek.
Die tema vir die dag was “die meisie in die spieël”. Milanie het die meisies aangespoor om nie vas te kyk in die woorde wat ander hul toevoeg nie, maar te onthou wat God oor hul sê en wat in hul hart is.
Wat ander van en vir jou sê is soos woorde wat op ‘n spieël geskryf word en afgewas kan word. Hul moenie in die woorde vaskyk nie. Elkeen is spesiaal en uniek vir God.

Maniela Venter van Vaalpark Primêr sê die boodskap het by die meisies aanklank gevind en mens kon sien hoe hul dit ter harte neem.
Sy het haar dank uitgespreek teenoor Milanie wie se boodskap soveel trefkrag gehad het.
Milanie is ‘n entrepreneur en ‘n besigheidseienaar met ‘n passie om vroue te inspireer om hul Godgegewe potensiaal te bereik.
