Uit my pen – die week in Vaalweekblad
In die week se Vaalweekblad, te koop vanaf Woensdag, 7 September.
Die Vaalweekblad is die week weer gelaai met nuus, interessanthede, kompetisies en dies meer.
Sal nie uitbrei daarop nie, julle moet maar self koop en lees. Die koerant is mos elke Woensdag op straat soos hulle sê. Op straat en op die winkelrakke om presies te wees.
HIerdie week het ek by Annemare Badenhorst gaan kuier wat steeds moedig glimlag al het ‘n motorongeluk haar 15 jaar gelede met ‘n mate van breinskade gelaat.
Ons maak ook kennis met Lydia Felton ‘n psoriase lyer wat mediese fondse aanvat omdat hulle weier om vir die behandeling daarvan te betaal.
In my rubriek, Ek sê maar net, gesels ek Springbokrugby, Eben Etzebeth se kwaai oë, Nic White se snor, die lente, hooikoors en somertuine. Sommer so lekker mengelmoeskardoes.
Onthou om Woensdag, 7 September die Vaalweekblad te kry!
