Antwoord dié vrae oor FRZ Motors en staan ‘n kans om R500 kontant en ander pryse te wen!
* Spesiale aanbod vanaf 1 September tot 14 Oktober 2022: Vir elke afgelewerde voertuig gaan die kliënt R500 kontant ontvang en op 15 Oktober vind ‘n “lewendige” trekking plaas vir die groot prys van R6 000!

Het jy FRZ Motors se blokraaiwedstryd in Vaalweekblad se papierkoerant misgeloop? Hier is nog ‘n kans om R500 kontant en ander pretpryse te wen! Lees die inligting oor FRZ Motors hieronder deur en soek na die antwoorde op die vrae wat heel onder verskyn. WhatsApp dan die letters “FRZ”, jou naam, van en dorp se naam, saam met die antwoorde na 076 454 9256. Jou antwoorde moet Vaalweekblad nie later nie as Sondag 25 September bereik.
- FRZ Motors: Die tuiste van kwaliteit gebruikte voertuie
VANDERBIJLPARK. – Almal van ons het ‘n betroubare voertuig nodig, maar hoe maak jy seker dat jy in vandag se dae waar almal die ekonomiese knyp voel, die beste waarde vir jou geld sal kry as jy ‘n voertuig koop?
Klop aan by FRZ Motors in Vanderbijlpark, wat die integriteit en ervaring het om hul beloftes na te kom. Hier sal jy nie net uitstekende kliëntediens kry nie, maar ook die beste gehalte voertuie teen sakpaspryse!
Wye reeks:
FRZ Motors bied ‘n omvattende verskeidenheid van gewilde, hoëgehalte gebruikte voertuie waaruit jy kan kies.
Finansiering:
FRZ Motors is geverifieerde voertuigfinansieringsverskaffers en staan hul kliënte by om finansiering by enige van die land se groot banke, onder andere by Absa, MFC, WesBank en Standerd Bank, te kry.
Bekostigbare kwaliteit:
FRZ Motors bied kwaliteit gebruikte voertuie teen baie billike pryse aan wat jou sak sal pas.
Opsoek na ‘n voertuig?
Kom kyk gerus na die wye verskeidenheid voertuie in FRZ Motors se uitstalruimte in Rossini-boulevard 127, Vanderbijlpark (naby Vaal Mall), of nog makliker: Besoek die webblad https://frzmotors.co.za/ en klik op “Showroom” om die onderneming se beskikbare voertuie te sien. Hier kan jy vinnig elke voertuig se toestand, fabrikaat, jaarmodel en aantal kilometers op die klok uitvind.
Wil jy ‘n voertuig verkoop?
FRZ Motors se belofte is dat jy die absolute beste waarde vir jou inruilvoertuig by hulle sal kry. Dit sal goed wees om eers ‘n beraming te kry van wat jou eie voertuig werd is. Besoek FRZ Motors in Rossini-boulevard en gesels met die behulpsame personeel. Hulle sal jou met graagte bystaan om ‘n ingeligte besluit te neem. Maar hier is ook ‘n vinnige aanlynmanier: Klik op “Sell a Car” op hul webblad, https://frzmotors.co.za/ en vul die eenvoudige elektroniese vorm in, waar jy die nodige inligting oor jou voertuig verskaf. FRZ Motors sal dan binne 48 uur ‘n geskatte waarde van jou voertuig aan jou stuur.
Vir kliënte se gerief hanteer FRZ Motors al die nodige papierwerk as jy ‘n voertuig by hulle koop of verkoop. FRZ maak ook seker dat jou voertuig wat jy by hulle koop, volledig geregistreer is en aan alle vereistes voldoen voordat dit afgelewer word. Jou voertuig word op enige plek in die land aflewer, waar jy ook al is.
* Spesiale aanbod vanaf 1 September tot 14 Oktober 2022: Vir elke afgelewerde voertuig gaan die kliënt R500 kontant ontvang en op 15 Oktober vind ‘n “lewendige” trekking plaas vir die groot prys van R6 000!
Besoek FRZ Motors by Rossini-boulevard 127, Vanderbijlpark.
Tel: (016) 004 0174.
Verkoopsure:
Maandae tot Vrydae: 08:00 – 17:00
Saterdae: 09:00 – 13:00
Sondag: Gesluit
Besoek FRZ Motors se Facebookblad by https://www.facebook.com/profile.php?id=100049450314798 vir meer inligting oor hul voertuie en dienste.
NEEM DEEL AAN HIERDIE VASVRA EN STAAN ‘N KANS OM KONTANT EN ANDER PRETPRYSE TE WEN:
1). Klop aan by FRZ Motors in Vanderbijlpark, wat die integriteit en ervaring het om hul (********) na te kom.
2). FRZ Motors bied die beste gehalte voertuie teen (***********) aan.
3). FRZ Motors bied ‘n omvattende verskeidenheid van gewilde, hoëgehalte (*********) voertuie.
4). Die onderneming is in nommer 127 van dié boulevard in Vanderbijlpark.
5). Hulle staan kliënte by om finansiering by groot banke soos Absa, MFC, (*******) en Standard Bank te kry.
6). Besoek die webblad https://frzmotors.co.za/ en klik op (********) om die onderneming se beskikbare voertuie te sien.
7). FRZ Motors se belofte is dat jy die (********) beste waarde vir jou inruilvoertuig by hulle sal kry.
8). Vir kliënte se gerief hanteer FRZ Motors al die nodige (**********) as jy ‘n voertuig by hulle koop of verkoop.
9). Jou voertuig word op (*********) in die land afgelewer, waar jy ook al is.
10). Is FRZ Motors op Sondae oop of toe?
WhatsApp die letters “FRZ”, jou naam, van en dorp se naam, saam met die antwoorde na 076 454 9256 om ons nie later nie as Sondag 25 September 2022 te bereik.

*******************************************************************************************************************
