Swak toestand van paaie rondom outehuise kwel
Paaie in die omgewing van ouetehuise is in 'n skokende toestand.
VEREENIGING. – “Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit prioritiseer aftree oorde glad nie.”
Dit is die mening van Elize Aucamp, raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.
Aucamp sê dit raak al hoe moeiliker vir nooddienste om in ‘n tyd van nood die ouetehuise en sentrums te bereik weens die swak toestand van paaie in Emfuleni en veral rondom die ouetehuise en sentrums vir die versorging van verswaktes
Inwoners van hierdie sentrums het vir baie jare getrou hul munisipale rekeninge betaal. Mens sou hoop dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die ouetehuise en sentrums sal prioritiseer wanneer dit kom by dienslewering.”
“Almal weet dat die eerste uur van ‘n noodgeval bekend staan as die ‘goue uur’ en wanneer daar nie betyds opgetree word nie is die gevolge dikwels traumaties.
“Saam met die swak toestand van strate rondom die oorde en sentrums is daar ook die kwessie van riool wat in sommige gevalle eenhede oorstroom.”
“Straatligte werk ook dikwels nie.
Aucamp sê die inwoners van hierdie sentrums het vir baie jare getrou hul munisipale rekeninge betaal.
“Mens sou hoop dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die ouetehuise en sentrums sal priotiseer wanneer dit kom by dienslewering,” sê Aucamp.
Ongelukkig is dit nie die geval nie.
Volgens Aucamp is ouetehuis besig om petisies op te trek in ‘n poging om te verseker dat die nodige dienste gelewer word.


