Local newsNewsNews
Skoliere behandel nadat bus met vragmotor bots
Leerders van verskeie skole in Vereeniging is Vrydagmiddag (9 September 2022) op 'n ongelukstoneel behandel nadat 'n bus met 'n vragmotor by die kruising van Generaal Hertzogweg en Mario Milanirylaan in Vereeniging gebots het.
VEREENIGING. – Die leerders van Laerskool Drie Riviere, Hoërskool Drie Riviere, Milton Primary School en Riverside High School in Vereeniging was glo op pad huis toe, toe die ongeluk tussen na 15:00 gebeur het.
Nooddiensbeamptes van Sharp Medical Services was op die toneel om die leerders te behandel.
Sover Vaalweekblad kon vasstel is niemand ernstig in die ongeluk beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
