Local newsNewsNews

Stropery van Drie Riviere-substasies moontlik sindikaat se werk

Altesaam vyf substasies is die afgelope ses weke in Drie Riviere gestroop, sê Dalene Venter, raadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

VEREENIGING. – Die gedurige stroping van die elektriese infrastruktuur het kragonderbrekings tot gevolg wat soms dae aaneen duur en veroorsaak ‘n groot kopseer vir inwoners van die gebied.

Die gereeldheid waarmee dit gebeur is ‘n bron tot kommer.

Volgens Venter blyk dit of dit die werk van ‘n koperdiefstalsindikaat kan wees.

In die nuutste voorval is inwoners van Drie Riviere sonder krag gelaat toe daar vermoedelik tussen 23:00 Woensdagaand (7 September 2022) en 01:00 Donderdagoggend (8 September 2022) by die substasie in Teakstraat in Drie Riviere, naby die Palms Aftree Oord, ingebreek is en die substasie gestroop is.

Diefstal van elektriese infrastuktuur word nie deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit by die polisie aangemeld nie. Gevolglik word die sake nie ondersoek nie en die misdadigers ry nie aan die pen nie.”

Verskeie substasies is in die afgelope paar weke op ‘n soortgelyke wyse gestroop.

Volgens Venter gebeur dit gewoonlik tussen 11:00 en 01:00 in die nag en meer as dikwels ‘n paar dae voor ‘n naweek.

‘n Kommerwekkende tendens is ook besig om pos te vat waarby misdadigers kabels van pale af knip en steel.

Volgens Venter ry oortryders bykans nooit aan die pen nie omdat diefstal van staatseiendom soos dié selde deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit by die polisie aangemeld word.

Daar is blykbaar nie ‘n sisteem in plek om diefstal van elektriese infrastruktuur te rapporteer nie, en daar dit is onduidelik presies wie vir die rapportering daarvan verantwoordelik is.

Venter wil die saak tydens ‘n raadsvergadering van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aanroer om ‘n oplossing te probeer vind.

Die diewe het glo die dak van die substasie in Teakstraat verwyder en toe die koper binne die substasie gesteel. Foto: Verskaf
‘n Diewe het ‘n paar stukke metaal op die toneel agtergelaat. Foto: Verskaf
Die substasie in Peakstraat, Drie Riviere is die nuutste substasie wat gestroop is. Volgens Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, het diewe in die afgelope ses weke vyf substasies gestroop. Foto: Verskaf
Dalene Venter (hier in die middel saam met burgemeesters Peter Teixeira van Midvaal en Sipho Radebe van Emfuleni) meen die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit moet ‘n sisteem in plek hê om diefstal van elektriese infrastruktuur aan te meld sodat die polisie dit kan ondersoek. Foto: Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button