Local newsNewsNews
Onwettige herwinningstasie in Naledi gevind
Vermeende kabeldiewe skuil agter "herwinningstasie"
Naledi. – Public Eye se patrolleerders het op 9 September op ‘n onwettige herwinningstasie oos van Naledi se industriële gebied afgekom.

Op die terrein het daar vyf aanmekaargeslaande plakkershutte gestaan en “werkers” was besig met die “herwinning”.
By nadere ondersoek is nie net hope gesorteerde plasties ontdek nie, maar ook heelwat koperkabel omhulsels. Dis duidelik waarvoor die herwinningstasie eintlik gebruik is.
Die onwettige bedrywighede is aan die owerhede gerapporteer. Hopelik word daar werk van gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
