Hulde gebring aan polisiemanne nadat botsing 3 eis
Die gemeenskap van Vereeniging het Maandagaand hulde gebring aan verskeie polisiemanne wat die afgelope tyd hul lewens verloor het.
VEREENIGING. – Vaalweekblad het vroeër berig oor die drie polisiebeamptes wat Woensdag 7 September dood is toe ‘n polisievoertuig deur ‘n vragmotor getref is.
George Mokgatla, ‘n voormalige sektorbevelvoerder in Vereeniging, is ‘n dag voor dit (op 6 September) dood nadat hy in ‘n motorongeluk in Mpumalanga betrokke was.
Lede van die gemeenskap, GPF, polisie, nooddienste, verkeersdepartement, politici en amptenare het Maandagaand omstreeks 20:00 in ‘n konvooi vanaf die Arcon Park-winkelsentrum na die polisiestasie in Vereeniging gereis waar kerse aangesteek is en ‘n oomblik van stilte vir die oorledenes en hul familie gehou is.
*Volledige berig in hierdie week se Vaalweekblad.



