Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Onthou om jou Vaalweekblad vanaf Woensdag, 14 September te koop. Kyk solank hier wat is onder ander in die week se koerant.
Vaalweekblad is die week weer gelaai met nuus, kompetisies en sport.
Ons kuier by Amor Malan van Shangri-La sentrum vir volwasse spinaal beseerde persone en leer meer oor hierdie vrou wat steeds die gemeenskap help waar sy kan.
Ek het nader kennis gaan maak met Sebastiaan Kock wat verlede jaar ernstig in ‘n motorongeluk beseer is, maar ten spyte van sy eie pyn en ongemak steeds hokkie speel en afrig.
In my rubriek, Ek sê maar net, vier ons ‘n baie spesiale verjaardag waar Koning Rosekrans en Liewe Heksie by betrokke was.
Dan is daar ook nog nuus oor dwelmverspreiders wat vasgetrek is in Vaalpark en meer oor die klug, My Vrou se Man se Vrou wat eersdaags by die ERT in Sasolburg te sien sal wees.
Onthou, die Vaalweekblad is van Woensdae beskikbaar by die meeste groot winkels en vulstasies.
Geniet die warmer dae!
