Dwelmverspreiders in Vaalpark vasgetrek
Goeie samewerking tussen die SAPD en die Public Eye Taakspan hou kriminele op hok in Vaalpark.
VAALPARK. – Twee mans en ‘n vrou is Sondagoggend, 4 September vir die besit en verspreiding van dwelms vasgetrek.
Dit volg nadat die Public Eye Taakspan vir weke die doen en late van ‘n wit motor in die Vaalpark-omgewing dopgehou het.

Daar is bevind dat die verdagte voertuig gereeld in die rigting van Parys gery het waar dwelms op en afgelaai is.
Public Eye het in samewerking met die polisie se honde-eenheid, misdaadintelligensie en ander polisielede saamgewerk en het om op 4 September om 07:00 op die verdagte huis in Simmerpanstraat toegeslaan.
Dwelms van sowat R20 000, asook ‘n ongeïdentifiseerde hoeveelheid kontant is in die huis gevind.
Die verdagtes is in die stadium verhoorafwagtend.
Intussen het Public Eye se taakspan ook begin om Sasolburg se strate skoon te maak van dwelms. Hulle slaan in die aande toe en het al onder meer op heelwat Tik, Chrystal Meth en heroïen beslag gelê.

“Ons wil die dorp skoonmaak van dwelms. Hier is nie plek daarvoor nie,” het ‘n woordvoerder gesê.
