Midvaal ontmoet met prominente sakelui en industrieleiers ten einde plaaslike ekonomie te versterk
Die uitvoerende burgeemester van die Midvaal Plaalike Munisipaliteit, Peter Teixeira en sy burgemeesterskomitee het Donderdag (15 September 2022) met sakelui en industrieleiers vergader.
MEYERTON. – Volgens ‘n verklaring wat deur die kantoor van die burgemeester uitgereik is, vorm dit deel van die munisipaliteit se strewe om sy geïntegreerde ontwikkelingsplan vir eknomiese groei na te kom.
“Die ontmoeting vorm ook deel van die munisipaliteit se poging om hegter bande en samewerkende venootskappe met sakelui te smee. Midvaal Plaaslike Munisipaliteit neem ‘n proaktiewe benadering om ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is tot investering en ekonomiese groei.
“Beleggings sal nie net help om ons plaaslike ekonomie te laat groei nie, dit sal ook help om probleme soos werkloosheid, armoede en die ongelykheid wat uit die ekonomiese gevolge van die Covid-19 pandemie voortspruit te takel” lui ‘n uittreksel uit die verklaring.
Die besprekings het gefokus op die skep van ‘n kultuur vir korporatiewe maatskaplike beleggingsinisiatiewe, verskaffersontwikkelingsintervensies en vennootskapsveldtogte om Midvaal te laat groei.

Teixeira het benadruk dat dit belangrik vir plaaslike ondernemings is om plaaslike mense aan te stel en ander plaaslike ondernemings en hul produkte en dienste te ondersteun.
Daar is ook gekyk na maniere om administratiewe rompslomp uit te skakel en hoe infrastruktuur verder verbeter kan word.


