Local newsNewsNews

Beamptes ter ruste gelê

Twee van die polisiebamptes wat in 'n ongeluk met 'n vragmotor betrokke was is Saterdag (17 September 2022) in Vereeniging ter ruste gelê.

VEREENIGING. – Kapt. Shashape Tsheletsane (58), ‘n polisieman met 34 jaar van diens, en konst. Timothy Mbele (45), ‘n voormalige polisiereservis wat vir die afgelope agt jaar ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was, het ‘n staadsbegrafnis ontvang.

Die derde beampte, a.o. Aaron Mfazwe (54), ‘n polisieman met 26 jaar van diens, is reeds Donderdag (15 September 2022) begrawe

Die beamptes is op 7 September in ‘n gru-botsing tussen ‘n polisievoertuig en ‘n vragmotor in Vereeniging dood.

‘n Diens vir die twee polisiemanne is Saterdag by die burgersentrum in Vereeniging gehou, waarna die begrafnisstoet na die Unitaspark-gedenkbegraafplaas vertrek het en hulle bergrawe is.

Offisier Mfophi, ‘n waarnemende stasiekommissaris, het in ‘n toespraak tydens die begrafnisdiens sy innige meegevoel met die families van die oorledenes uitgespreek, veral die kinders van die oorledenes.

Geen kind behoort hulle ouers op hierdie wrede en tragiese manier te verloor nie. Dit was vir seker wreed. Ek het nog nie so iets in my lewe gesien nie,” het die stasiekommissaris gesê.

Portrette van kapt. Shashape Tsheletsane (58) en konst. Timothy Mbele (45) wat in die ongeluk dood is en Saterdag begrawe is. Foto: Christiaan Cloete

Hy het die jonger konst. Mbele as “’n roos tussen die dorings” beskryf. “Hy was soos ‘n vonk wat wag om te ontplof. Hy het so baie vuur in hom gehad. Hy het sy organisasie (die Suid-Afrikaanse Polisiediens) lief gehad.

Hy het kapt. Tsheletsane as ‘n nederige en gedissiplineerde kaptein beskryf.

Volgens Mfophi sou Tsheletsane enige opdrag wat aan hom gegee is respekvol uitvoer.

Mfophi het vertel van ‘n gesprek wat hy met Tsheletsane gevoer het oor bevordering.

Ek het hom gevra of hy aansoek gedoen het vir die pos. Hy het gesê ‘Nee, kaptein. Ek klim binnekort van die trein af,’” sê Mfophi.

Hy het verduidelik dat hy binnekort op pensioen gaan en my gevra om te aanvaar dat dat hy nie vir bevordering aansoek gaan doen nie. Hy het nou die beste bevoordering gekry. Dit was ‘n pynvolle een,” sê hy.

Mfophi het gesê hy kan nie aanvaar hoe die beamptes hul lewens verloor het nie.

Dit was brutaal. Dit was nie veronderstel om hul tyd te gewees het nie,” het hy gesê.

‘n Polisiekeps en medaljes op die graf van Kapt. Shashape Tsheletsane (58). Foto: Christiaan Cloete
Vereeniging se stasiekommissaris, Brigadier Sibongile Ndaba, pik ‘n traantjie tydens die begrafnisdiens. Foto: Christiaan Cloete
Die polisiekommissaris van die Sedibeng-distrik, maj. genl. Zodwa Molefe, vee die trane af tydens ‘n begrafnisdiens vir twee van die offisiere. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button