Local newsNewsNews

Drie dood, vyf beseer in botsing op R42 naby Goeiehoek

ER24 sê drie mense dood en vyf beseer in ‘n botsing en ‘n tweede botsing Saterdagaand (17 September 2022) op die R42 tussen Vereeniging en Heidelberg naby Goeiehoek. Daar was glo drie voertuie betrokke.

VEREENIGING. – ER24-nooddienswerkers, lede van die Midvaal-brandweer en die polisie was omstreeks 19:45 op die ongelukstoneel.

“‘n Bakkie en ‘n Ford Fiesta is langs die pad aangetref (nadat hulle met mekaar gebots het). Die Ford was op sy dak. ‘n Derde ligte motorvoertuig het glo met ‘n los wiel op die toneel gebots,” lui die verklaring van ER24.

Twee volwasse vroue en een volwasse man wat onder die Ford Fiesta gevind is, het geen tekens van lewe getoon nie.

Hulle is ongelukkig almal noodlottig in die ongeluk beseer en is op die ongelukstoneel dood verklaar.

‘n 3-Jarige seun en ‘n 17-jarige meisie, wat glo ook in die Ford Fiesta was, het albei ernstige beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel en later na die Sebokeng-hospitaal geneem vir verdere sorg.

Die twee insittendes van die ligte voertuig (wat met die wiel gebots het) wou nie hospitaal toe geneem word nie.

‘n Volwasse man wat in die bakkie was het ook vervoer na die hospitaal van die hand gewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button