Local newsNewsNewsSport

Titans Aquatics het ‘n kookwater seisoen

Hierdie jaar se EGA Winter Kampioenskappe het goeie resultate vir die Titans Aquatics Klub opgelewer.

VANDERBIJLPARK. – Die Titans Aquatics Klub beleef ‘n kookwater seisoen. Onlangs het hulle behoorlik die water laat spat by die Eastern Gauteng Winter Swem Kampioenskappe.

Die Juniors het op 20 en 21 Augustus deelgeneem en die seniors ‘n week later.

Die Titans se seniors na hul puik vertoning by die EGA Winter Kampioenskappe

Benny Janssen, die Titans se hoofafrigter het gesê al die swemmers het goed gevaar en heelwat persoonlike beste tye is verbeter.

Die seniors het behoorlik met hul talente gewoeker en verskeie medaljes ingepalm.

Dawson De Vernon (16) het vir ses finale gekwalifiseer. Hy het tweede plek behaal vir die 50 m en 200 m borsslag en ‘n brons vir die 100m borsslag

Mathew Fouche (18) het goud in die 200 m vryslag verower, silwer in die 200 m rugslag en brons medaljes vir die 100 m vlinderslag, 100m rugslag en 100m borsslag.

Nathan Fouche (16) het vir sewe finale gekwalifiseer en ‘n brons in die 200m borsslag lossgeswem.

Dihandre Hartmann (14) het uitgeblink met brons medaljes vir die 100 m vryslag en 200 m individuele medley, silwer medaljes vir die 200 m vryslag, die 100 m vlinderslag en die 200m borsslag. Hy het ook ‘n goue medalje in die 100m borsslag losgeswem.

JP Nell (22) wat in die S14i klas swem het ses goue medaljes verower vir die 50 borsslag, 100m vryslag, 50 m rugslag, 50 m vlinderslag, 100m borsslag en 50 m vryslag.

Geosh Nienaber (15) swem in die S8-S9 klas en het vyf goue medaljes losgeswem vir die 200 m vryslag, 200m rugslag, 100m rugslag, 50 vlinderslag en 50 m vryslag.

CF Pretorius (14) het op sy beurt ‘n silwer in die 100m individuele medley verower.

Dandre Pretorius (17) het geskitter in die swembad. Hy het agt goue medaljes (200m vryslag, 100 m vlinderslag, 50 m borsslag, 100 m vryslag, 100m individuele medley, 100 m borsslag, 50 m vryslag en 200 m individuele medley) verower en ‘n verdere vier silwer medaljes gekry vir die 200m rugslag, 50 m rugslag, 100m rugslag en 50 m vlinderslag.

Anri Wenhold (15) het in sewe finale geswem en ‘n eerste plek behaal in die 200 m rugslag, tweede plekke in die 100 m rugslag en 200 m individuele medley en ‘n derde plek in 50 m rugslag.

Die juniors wat uitgeblink het sluit in:

Die Titans Acquatics se juniors wat by die EGA Winter Kampioenskappe presteer het.

Dryden Knoetze (10) wat twee keer onder die top tien in die finaal geswem het.

Garrick Knoetze (13) het sewe keer onder die top tien geëindig. Hy het ook twee brons medaljes verdien, een vir die 50 m borsslag en een vir die 100 m borsslag.

Nico Kruger (8) het vyf keer onder die top tien geswem en twee brons verower, terwyl sy spanmaat Petrus Laubscher (9) ‘n brons in die 200 m vryslag verkry het.

Blake Liebenberg (7) en Troy Liebenberg (10) het albei ‘n finaal gehaal, terwyl Lindo Mehlomakulu  (9) drie keer onder die top tien geswem het en Sibo Mehlomakulu (13) agt keer die top 10 behaal het.

Ayden Van Wyk  (10) het op sy beurt in vier finale geswem. Joshua Vermeulen (10) het vir sewe finale gekwalifiseer en met een brons vir die 200 m rugslag en een silwer medalje vir die 50 m vryslag weggestap.

Benny het ook die Titans Aquatics Klub se borge, Proconics, Victus Risk en Hi-Performance Midas bedank vir hul volgehoue ondersteuning van die jong swemmers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button