Local newsNewsNews

Leerder van Genl. Smuts beswyk na mesaanval

’n 19-Jarige leerder van General Smuts High School in Vereeniging is Maandag (19 September 2022) in die MediClinic Vereeniging-privaathospitaal dood nadat hy glo deur ’n 17-jarige seun met ’n mes aangeval is.

VEREENIGING. – Volgens kapt. Fikile Funda, ’n woordvoerder vir die polisie in Vereeniging, was die seun na ’n taxi-staanplek op pad toe hy in Merrimanlaan voorgekeer en deur die tienerjarige aangeval is.


Hy is blykbaar in die bors gesteek.


“Die oorledene is per ambulans na die hospitaal geneem, maar met aankoms is hy dood verklaar.


“Die 17-jarige verdagte is aangekeer en by die Vereeniging-polisiestasie aangehou.

“Die polisie het ’n saakdossier van moord geopen,” sê Funda.

Vaalweekblad het Maandag navrae aan die Departement van Onderwys gerig vir uitklaring oor die voorval, maar wag nog steeds vir terugvoer.

Daar is die afgelope paar maande gereeld oor boeliegedrag en bendegeweld by General Smuts High School in Vereeniging berig.


Bewerings van boeliegedrag en geweld het in Meimaand die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, genoop om die skool te besoek.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Die berig is Dinsdagoggend 10:45 opgedateer nadat ons inligting van die polisie ontvang het. Vaalweekblad sal die berig weer opdateer/opvolg sodra ons meer inligting het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button