R100 000 vir DBV ingesamel tydens gholfdag
Die eindomsagentskap het R100 000 vir die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark ingesamel.
VEREENIGING. – Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Vereeniging en Vanderbijlpark word nie deur die regering gesubsidieer nie.
Hulle maak dus staat op die vrygewigheid van individue en ondernemings ten einde diere se omstandighede te verbeter, lyding te verlig en na die welstand van diere om te sien.
Om die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark te help het Red Door Properties, ‘n eiendomsagentskap in die Vaaldriehoek, Vrydag, 2 September ‘n gholfdag ten bate van die organisasie by Maccauvlei Gholfbaan gehou.
Plaaslike skole soos Fundamental Faculty, Laerskool Risiville en Hoërskool Transvalia het ook die fondsinsamelingsprojek ondersteun.
Die skole het leerlinge gevra om items soos kos en komberse te skenk. Volgens Eliz-mari van Wyk is dit die tweede jaar wat Red Door Properties so ‘n fondsinsameling hou.
Verlede jaar kon hulle daarin slaag om R64 000 en twee bakkievragte vol honde- en katkos in te samel.
Vanjaar wou hulle die vorige bedrag oorskry en R80 000 insamel. Lede van die publiek word gevra om die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark te ondersteun.
Die DBV benodig onder meer die volgende:
Vir katte in die DBV se sorg:
* Komberse
* Cat Nip
* Krapplasings (scratch posts)
* Bosluis- en vlooipoeier
* Bederfies
* Speelgoed
Vir honde in die DBV se sorg:
* Komberse
* Hoewe
* Karbadust
* Sjampoe
* Vlekvrye staal bakke
* Tennisballe
* Handdoeke
* Speelgoed
Vir die DBV se voertuie:
* Kabelbande
* Halsbande
* Handskoene
* Leibande
* Nette
* Sleepbande
Vir die kantoor:
* Kleefband
* Lamineersakkies (A4)
* Lêers (A4)
* Wit papier (A4)
Skoonmaakmiddels:
* Brasso
* Skottelgoedseep
* Handy Andy
* Handreiniger
* Jik
* Pine gel
* Waspoeier
Vir die dierekliniek:
* Wattebolle
* Weggooibare latexhandskoene (klein, medium en groot)
* Weggooibare mediese gesigmaskers
* Metielspiritus
* Spuite (3ml, 5ml, 10ml en 20ml) en sneedoekies.
Die skenkings kan gedurende kantoorure by die DBV se takke in Vanderbijlpark en Vereeniging afgelewer word.
Jy kan ook ‘n elektroniese oorplasing in die DBV se bankrekening maak:
Rekeninghouer: Vereeniging SPCA
Bank: ABSA
Rekening: Spaarrekening
Rekeningnommer: 9258578888
Tak: Vereeniging, Takkode: 632005
Verwysing: Gebruik die letters SWL, gevolg deur ‘n strepie en dan jou van.
Alle skenkings aan dié takke van die DBV is belastingaftrekbaar.
Indien jy ‘n belastingaftrekbare kwitansie vir jou skenking wil hê, stuur asseblief jou versoek na info@spca-ver.co.za met bewys van betaling of ‘n kwitansie wat die waarde van die skenking bevestig.








