Local newsNewsNews

Fabriekswerker kan polisie help om 2012-saak op te los

Die polisie van Vereeniging is op soek na die 63-jarige Quinton Daniel Jacobs wat hulle glo kan help om 'n saak van strafbare manslag op te los.

VEREENIGING. – Die insident het op 10 Maart 2012 in Duncanville se industriële gebied – naby die Strub-fabriek – gebeur waar Jacobs destyds as bestuurder van onderhoud betrokke gewerk het.

Jacobs het in ‘n stadium by 137 Skippie Bothastraat in Vereeniging gebly, maar het intussen verhuis.

Hy is 63-jaar oud en is Afrikaanssprekend.

Mense met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Wilson Mabuge, by 079 533 5787 of (016) 450-2594 te skakel.

Indien jy weet waar Jacobs hom bevind kan jy Crime Stop se tolvrye nommer by 08600 10111 skakel of die MySaps App gebruik om die polisie met jou slimfoon te kontak met inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button