Local newsNewsNews
Help om geliefde kattekind te vind
Madelein Nienaber van Meyerton se kat “Liefkat” word sedert 13 Augustus 2022 vermis.
MEYERTON. – Nienaber, wat die kat by haar vriend, Ruan, geërf het, sê die kat het diep in haar hart gekruip, en selfs al is die dier al langer as ‘n maand lank weg kan sy nie die soektog opgee nie.
Die wyfiekat het op een of ander manier uit Nienaber se huis in Reizstraat ontsnap.
Toe Liefkat vermis geraak het, het sy ‘n pienk halsband gedra.
Die kat is wit en swart en het wit pootjies.
Nienaber bied ‘n beloning aan die persoon wat haar kat terug te bring.
Mense met inligting word gevra om asseblief vir Madelein by 082 385 1823 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
